OOS WES TUIS BES - VRYGESTEL VAN HEREREGTE BOWENAL
Skakel nou vir besigtiging van hierdie nuut voltooide hoek huis in die gesogte Kraaibosch Park ontwikkeling.
Hierdie huis bied "kaste vir Afrika" en is waarskynlik een van die min geleenthede wat die man sy vrou sal hoor se - "hier is mos nou GENOEG" kaste.
Die huis bied bogemiddelde afwerking en die uitleg - ietwat anders as normaal bied 'n vloerplan waarby die kombuis effe afgeset is maar tog gemaklik toeganklik vanuit die ruim oopplan leef area.
Baie natuurlik lig en weereens klem op die feit dat daar heelwat meer as die normale hoeveelheid kaste in die huis gebou is.
'n Gemaklike buitelug braai area is 'n pluspunt - ons kultuur dikteer dat daar 'n braaiplek moet wees - met twee slaapkamers wat bedien word deur 2 badkamers.
'n Enkel motorhuis met 'n afdak maak steeds voorsiening vir 2 voertuie maar die bonus van die huis is die feit dat dit op 'n hoek gelee is en dus meer privaatheid toelaat as die norm binne die hoe digtheid ontwikkeling.
Cape Estates se portefielje is noemenswaardig en die trofee kas met suksesvolle ontwikkelinge stampvol - maak seker jy maak kontak sodat hierdie huis en 'n paar alternatiewe aangebied kan word.
'n Waardevolle belegging in 'n gesogte woonbuurt sonder risiko van lae koste behuising omliggend.
Lewensreg opsies met 'n stewige prys konsessie ook beskikbaar.
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Kraaibosch Park, George.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Keageoz Property Solutions website is accurate and up to date, Keageoz Property Solutions makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.